Kyk, daar’s ‘n jagluiperd in die stad!

Padgebruikers was vandag geskok toe hulle ‘n jagluiperd agterin ‘n Toyota-bakkie met ‘n kappie in Windhoek se strate sien. Die bakkie met ‘n Keetmanshoop-registrasienommer is in die suidelike nywerheidsgebied opgemerk.

Die omgewingsministerie het die identiteit van die eienaar van die bakkie opgespoor en dat dit op pad na Keetmanshoop is. Die dier is glo vanaf ‘n private lodge na Windhoek vir ‘n veeartsbesoek gebring.