Rentekoerse onder die loep

Die impak van die Covid-pandemie op Namibië se ekonomie, was verwoestend. Die oorlog in die Oekraïne help ook nie met die situasie nie met pryse van produkte wat aanhou styg. Tydens ‘n aanlyn bespreking van die inligtingsministerie, het Ruusa Nandago, ekonoom van FNB Namibia, geantwoord op die vraag of daar ‘n manier is hoe finansiële instellings rentekoerse kan vries om gewone Namibiërs tegemoet te kom.