VN: Gesonde natuurlike grondhulpbronne vorm grondslag van samelewings

Die Verenigde Nasies se Konvensie om Woestynvorming te Bekamp sê gesonde en produktiewe grondhulpbronne, water en bioverskeidenheid vorm die grondslag van samelewings en ekonomieë. Die tweede uitgawe van sy Wêreldwye-grondvooruitsigte is bekendgestel. Ongeveer 44 000 miljard Amerikaanse dollar se ekonomiese uitset, meer as die helfte van die wêreldwye bruto binnelandse produk, is redelik tot hoogs afhanklik van natuurlike kapitaal. Die meeste lande en gemeenskappe erken nou die dringende behoefte om grondbestuur te vernuwe en natuurlike kapitaal te herstel om betekenisvolle werksgeleenthede te skep, uitlatings te verminder en harmonie met die natuur te herstel.