DA vra waar is ad hoc-komitee oor KZN-vloede

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê daar is drie weke later steeds geen teken van die ad hoc-komitee wat die Parlement beloof het ná die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal nie. Steenhuisen sê die eThekwini-munisipaliteit se reaksie op die oorstromings het ook nie verbeter nie. Hy voeg by dit is onaanvaarbaar dat hierdie noodgeval wat ‘n skending van menseregte is so apaties behandel word, aangesien talle gemeenskappe steeds sonder water is en worstel met infrastruktuur wat ernstig beskadig is.