Geoloog hou môre praatjie by Aminuis oor uraan-eksplorasie

Uraan-eksplorasie bly in die nuus. Die bekende Namibiese geoloog, dr. Roy Miller, sal môreoggend om elf-uur ‘n praatjie oor die omstrede voorgestelde uraan-eksplorasie by Leonardville by die Onderombapa-gemeenskapsaal naby Aminuis in die Omaheke-streek hou. Miller is ‘n kenner in die gebied en sal praat oor die voorgestelde uraan in-situ logingsprojek in die omgewingsensitiewe Kalahari-akwifeer in die Stampriet-bekken deur die Russiese Headspring Investments.