Dra van maskers op Europese lughawens opgehef

Die Europese Sentrum vir Siektevoorkoming en -Beheer het aangekondig die aanbeveling oor die dra van gesigmaskers op die vasteland se lughawens en vlugte word opgehef. Die nuwe maatreël word Maandag van krag. Die liggaam sê hy hoop die besluit sal help om lugreise te normaliseer na die Covid-19-pandemie. Die sentrum en die Europese Unie se Lugvaart-veiligheidsagentskap sê egter die dra van maskers bly een van die beste beskermingsmaatreëls teen die siekte.