Vraag na lugvragvervoer styg skerp op die vasteland

Afrika het die skerpste styging in vraag na lugvragvervoer in Januarie aangeteken. Dit is volgens die Internasionale Lugvervoer-vereniging se wêreldwye peiling. Vrag het gedurende die eerste maand van die jaar met 12,4 persent gestyg teenoor die syfers van Januarie 2021. Linden Birns, Iata se woordvoerder…

Read More

Verkragting in Namibië word deur verskeie faktore veroorsaak

Reaksie word ontvang op berigte dat verkragtings in die Omusati-streek in die eerste twee maande verdubbel het teenoor syfers wat in 2021 aangemeld is met 18 gevalle in Januarie en Februarie teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Verkragtings kom algemeen in Namibië voor en verlede jaar het die Namibiese polisie gesê daar was 690 gevalle tussen […]

Read More

Rekordprys op Grootfontein vir os behaal

Reaksie word ontvang op die verkoop van ‘n Simbra-os wat by die Agra-veiling op Grootfontein 35 200 Namibiese dollar behaal het. Die 910 kilogram os het dus 38 dollar 68 sent per kilogram behaal, wat ‘n uitstekende prys is. Die plaaslike landbounavorser, Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

NIMT se werker uiteindelik betaal

Werkers by die Namibiese Instituut van Mynwese en Tegnologie het uiteindelik hul lone vir Februarie vandag ontvang. Dit kom na ‘n vertraging met beloftes dat betalings teen 4 Maart gedoen sou word. Dit is volgens berigte ook nie die eerste keer dat lone laat betaal word nie maar, volgens die uitvoerende direkteur by die instituut, […]

Read More

Nampol weet niks van pro-Russiese optog nie

‘n Plasing op sosiale media, wat melding maak van ‘n optog, moontlik volgende week Woensdag, ter ondersteuning van Rusland, het wyd reaksie uitgelok. Namibiërs is redelik verdeeld oor die oorlog in Oos-Europa met talle Namibiërs wat tradisioneel pro-Rusland gesind is. Die optog sal blykbaar na beide die Russiese en Oekraïnse ambassades beweeg, maar Namibië geen […]

Read More

Presidensie in SA doen ‘n beroep vir diplomatieke oplossing in Oekraïne

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet is steeds diep bekommerd oor die voortslepende konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Hy het die land ingelig oor die besluite op gister se kabinetsvergadering. Gungubele sê die maatskaplik-ekonomiese koste van die konflik is verwoestend, en die uitwerking daarvan sal regoor die wêreld gevoel […]

Read More

Graad 12-uitslae vertoon baie sleg, amper ‘n derde druip

Die Namibiese minister van onderwys Anna Nghipondoka het meer besonderhede bekend gemaak in verband met die uitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het. Uitslae vertoon swakker as verlede jaar. Eerstens het 3,6 persent minder leerders die eksamens voltooi met 28 persent wat ongegradeer is, of, […]

Read More

Hulp is hulp, ongeag politieke affiliasie

Die Russiese-Oekraïnse konflik het ‘n impak op almal. Tydens ‘n bespreking in die Nasionale Vergadering het die Namibiese adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah terugvoering gegee oor die Namibiese burgers wat uit die Oekraïne gevlug en na Namibië teruggekeer het. Sy het ook die platform gebruik om diegene aan te spreek wat glo goedkoop politieke punte wil […]

Read More

Swapo in Otjozondjupa hou dringende vergadering

Die Swapo-party se Otjozondjupa-streeksuitvoerende komitee het ‘n dringende vergadering vir Saterdag neergelê. Dit sal by die streekhoofkwartier in Otjiwarongo plaasvind met ‘n mediakonferensie daarna. Yanna Smith het meer.

Read More

Landbou-masjinerie verkoop baie goed in SA

Volgens data wat die Suid-Afrikaanse Landbou-masjinerievereniging vrygestel het, het die verkope van landbou-masjinerie vir die eerste twee maande van die jaar op ‘n positiewe koers gebly. Trekkerverkope het in Februarie met 20 persent op ‘n jaargrondslag gestyg en 789 eenhede is verkoop. Oor dieselfde tydperk het kombinasie-stropers se verkope met 36 persent gestyg en 19 […]

Read More