Staatskaping: Denel, Transnet, SAL ondersoeke afgeskop

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika sê hy is reeds besig met sake uit die staatskapingsverslag. Dit sluit nege sake in wat verband hou met die Suid-Afrikaanse Lugdiens, 11 in verband met Transnet en drie van Denel. Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, het aan die Parlement gesê die Presidensie en die Departement van Justisie verwerk 44 aansoeke vir proklamasies van die eenheid. Hy sê dit sal toestemming gee vir die ondersoeke na staatskaping en wanadministrasie: