Kaapse verpleegster vertel hoe sy skieter kalmeer het

‘n Kaapstadse verpleegkundige het beskryf hoe sy die man kalmeer het wat beskuldig word van die moord op drie mense in die Nuwe Somerset-hospitaal in die stad die afgelope naweek. Suster Diane Seale sê sy was Saterdagaand besig met haar roetine-oorhandiging toe ‘n kollega haar na die tweede verdieping ontbied het. Sy sê sy het die beskuldigde met ‘n vuurwapen in sy hand aangetref, oogkontak gemaak en hom ‘n drukkie gegee. Daarna het sy hom oortuig om haar toe te laat om hom te verdoof en het die wapen weggeneem. Die voormalige polisielid, Jean-Paul Malgas, staan tereg op die moorde.