Verpleegpersoneel vandag herdenk

Dit is vandag Internasionale Verplegingsdag en vanjaar se tema is Verpleegkundiges: ‘n Stem om te lei – Belê in verpleging en respekteer regte om wêreldwye gesondheid te verseker. Die geboortedag van moderne verpleging se stigter, Florence Nightingale, word vandag gevier. Terselfdertyd word verpleegkundiges as waardevolle hulpbron vereer en bewustheid geskep oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Die president van die Internasionale Verpleegraad, Pamela Cipriano, sê hulle gee erkenning aan verpleegkundiges se moed en die opofferings wat hulle daagliks maak: