Ou SA-vlag: Appèlhof sal later sê

Die Appèlhof in Bloemfontein het uitspraak voorbehou in AfriForum se aansoek om ‘n beslissing van 2019 oor die vertoon van die apartheidsvlag om te keer. Die Gelykheidshof het beslis die vertoon van die ou vlag in openbare én privaat ruimtes kom neer op haatspraak. Die Nelson Mandela-stigting en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie staan die aansoek teen. AfriForum het betoog die algehele verbod op die vertoon van die vlag skep ‘n gevaarlike presedent dat enigiets wat aanstoot gee, sal of kan verbied word.