Onbillike afdankings in die kollig

Tydens die bespreking vandag op die Namibiese inlitingsministerie se aanlyn platform, oor die stygings in pryse van goedere in Namibië, is die kwessie van die veelbesproke onderwerp van onbillike afdankings in die land ook bespreek. Kyllikki Sihlahla, adjunk-arbeidskommissaris in die arbeidsministerie, het gereageer op die vraag van onbillike ontslag wat besig is om ‘n norm in die land te word.