Chaos duur voort by Stad Windhoek

Daar is nog geen uitsluitsel oor die aanstelling van die uitvoerende hoof vir Stad Windhoek nie. Die pos is sedert November 2020 vakant toe Robert Kahimise aangesluit het by Cenored. Onderhoude is onlangs gevoer en vyf kandidate is op ‘n kortlys geplaas maar, tot op hede is geen aanstelling gemaak nie. Dit is reeds bekend dat Job Amupanda in April gesê het dat die aanstelling vertraag is omdat al vyf kandidate bande met Swapo het en die huidige burgemeester Sade Gawanas, van die LPM-party, wou bewyse hiervan by Amupanda hê, maar geen bespreking is gehou nie en raadslede het na 15 minute uitgestap. Volgens wat berig word, omdat die stad se woordvoerders nie kommentaar wou lewer nie, het die voorsitter van die bestuurskomitee, Ndeshihafela Larandja die verslag, wat voorstelle bevat vir die aanstelling van die uitvoerende hoof voorgelees en toe sluit Gawanas dit af sonder enige bespreking.