Withuis veroordeel Al Jazeera-joernalis se dood

Die Withuis het die dood van die gesoute joernalis van Al Jazeera, Shireen Abu Aqla, veroordeel. Sy is aan die besette Wesoewer doodgeskiet terwyl sy verslag gedoen het oor ‘n Israeliese militêre klopjag in Jenin. Die Withuis vra dat ‘n deeglike ondersoek na die omstandighede van haar dood gedoen word en sê hy ondersteun mediavryheid ten volle. Israelse magte het sedert 2018 minstens 144 Palestynse joernaliste in die Gasa-strook, die Wesoewer en Oos-Jerusalem gewond.