Passasier land Cessna 208 nes ‘n veteraan loods

‘n Passasier op pad na Florida in die VSA was genoodsaak om die Cessna 208 waarin hy en ander aan boord was vanaf die Bahamas, te land nadat die loods sy bewussyn verloor het. Die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, was dood kalm en het met die toring kontak gemaak.

Die toring het een van sy veteraan beamptes, Robert Morgan ingeroep. Morgan is ook ‘n instrukteur met meer as 12 000 vliegure. Hy het instruksies aan die passasier gegee wat toe uiteindelik die Cessna in ‘n perfekte landing, op die grond neergesit het. Morgan sê hy was baie dankbaar.