Sitrus-uitvoere word belemmer deur chaos in Oos-Europa

Sitrusuitvoerders in Suid-Afrika het hul kommer uitgespreek oor Rusland se inval in Oekraïne. Volgens die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika kon die bedryf geen vars produkte na die streek verskeep nie. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê besendings suurlemoene is ernstig geraak:

Read More

Ministerie werk aan stabilisering van brandstofprys

Die Namibiese regering ondersoek versagtingsmaatreëls aangesien meer olieprysstygings verwag word weens die voortdurende geo-politieke spanning tussen Rusland en die Oekraïne. Op 1 Maart het die land die grootste brandstoftoename ooit beleef met ‘n styging van 1 dollar 20 vir petrol en 1 dollar 30 vir diesel. Die ministerie van myne en energie se skakelbeampte, Andreas […]

Read More

Meatco maak aanpassings in weeklikse betalingskedule

Meatco betaal nou hul produseerders nie meer op Donderdae nie, maar op Vrydae. Meatco het 400 miljoen Namibiese dollar aan produsente betaal, wat ’n premie van 61,8 miljoen dollar bo die Suid-Afrikaanse prys insluit, het die korporasie se 2020-2021-jaarverslag onthul. In wese het die gemiddelde produsenteprys wat gedurende die boekjaar betaal is, 44 dollar en […]

Read More

Reaksie op Zondo-aanstelling

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Daniel Silke sê die aanstelling van Raymond Zondo as die nuwe hoofregter is ‘n belangrike oomblik vir President Cyril Ramaphosa om die land se regbank te versterk. Die aanstelling volg op ‘n lang proses wat uitgeloop het op omstrede onderhoude, waarna die Regterlike Dienskommissie, die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, […]

Read More

Chelsea het kommer oor onsekerheid na sanksies teen sy baas

Chelsea se Russiese eienaar se grootste vrees het waar geword toe die Britse regering sanksies teen hom aangekondig het. Roman Abramovich word beskou as ‘n vriend van die Russiese president, Vladimir Putin. Hy en verskeie ander sogenaamde oligarge se bates in die Verenigde Koninkryk is bevries en ‘n reisverbod is teen hulle ingestel. Dit beteken […]

Read More

Namibiese ekonoom sê oor impak van Rusland en Oekraïne op voertuigverkope

‘n Namibiese ekonoom reageer op Rusland en die Oekraïne wat die sleutel-uitvoerders van goedere is wat in die vervaardiging van mikroskyfies gebruik word wat ‘n impak op voertuigverkope kan hê. Simonis Storm het vandag die voertuigverkopeverslag vir Februarie uitgereik. ‘n Totaal van 883 nuwe voertuie is in Februarie vanjaar verkoop, teenoor 893 in Februarie 2021. […]

Read More

Beroepsopleiding in Namibië in die kollig

Die Namibiese staatsinligtingsentrum het vandag ‘n gesprek gehou oor die toeganklikheid en bekostigbaarheid van tegniese beroepsopleiding in Namibië. Beroepsopleidingskwalifikasies is praktiese kwalifikasies wat verband hou met ‘n spesifieke werk- of beroepsektor. Anders as meer akademiese kursusse, kombineer hulle ‘n mengsel van teorie en praktiese lesse en werkservaring word ook opgedoen. Tydens die bespreking het Indongo […]

Read More

Walvisbaai-munisipaliteit het byna N$109 miljoen nodig om Plaas 37 te diens

Die Walvisbaai-munisipaliteit het byna 109 miljoen Namibiese dollar nodig om porsies 10 en 11 van Plaas 37 ten volle te diens waar inwoners wat tans in informele nedersettings bly, hervestig sal word. Dit is volgens die raad in reaksie op ‘n mosie wat deur raadslid Saara Mutondoka ter tafel gelê is om dienslewering by Plaas […]

Read More

Covid-19 Taxi-hulpfonds se verlenging in SA goedgekeur

Die Suid-Afrikaanse kabinet het die verlenging van die afsny-datum vir aansoeke vir die Covid-19 Taxi-hulpfonds goedgekeur. Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, het vandag die nuus bekend gemaak en gesê die fondse van meer as een miljard rand behoort baie taxi-operateurs, wat gebuk gegaan het onder die inperkingsmaatreëls, finansieël deur die drif te trek. […]

Read More

Noord-Korea gaan verkenning-satelliete lanseer

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het die lansering van verskeie verkenning-satelliete aangekondig. Die doel is om onmiddellik inligting oor Amerika en sy bondgenote se militêre optrede in te win. Kim het gepraat tydens ‘n inspeksie van Noord-Korea se Nasionale Lugvaart-ontwikkelingsadministrasie. Hy sê die doel van ‘n verkenning-satelliet is om aan gewapende magte onmiddellike inligting […]

Read More