Akkerbou-baas sê oor groenskemas

Die Akkerbou Produsente Vereniging wil ‘n openbare-private vennootskapsooreenkoms met die landbouministerie aangaan om die groenskemas in die Noorde te bedryf. Die minister, Calle Schlettwein, het onlangs sulke vennootskappe voorgestel om produksie en voedselsekerheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met die nuwe voorsitter van die vereniging, Gerhard Engelbrecht, gepraat.