Sbu sluit by die Bulle aan

Nog ‘n Springbok is op pad na Loftus Versfeld in Pretoria. Die Haaie- en Springbok-vleuel, Sbu Nkosi, word ‘n Bul. Hy sal hom aan die einde van die seisoen by Jake White se manne aansluit. Die 26-jarige blits het 16 keer vir die Springbokke uitgedraf. Hy sal die leemte vul wat gelaat word deur Madosh Tambwe, wat in Europa gaan speel.