Nanso veg voort vir Nam-studente in Rusland

Daar is toenemende kommer oor Namibiese studente in Rusland wat geensins toegang tot hul fondse het nie. Die Namibiese studente-organisasie Nanso werk dringend saam met die studente hulpfonds en wil ook nou met die Bank van Namibië oor die aangeleentheid vergader. Dylan Mukoroli van Nanso, het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.