ANC keur strategie vir vloeibare petroleumgas goed

Die buurland se minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sê die ANC-kabinet se goedkeuring van die strategie vir die uitrol van vloeibare petroleumgas poog om die publiek op te voed en bewusmaking te kweek oor huishoudelike gas as ‘n omgewingsvriendelike brandstof. Gungubele het die media vandag ingelig oor die uitkomste van ‘n kabinetsvergadering en dui aan die strategie poog om aandag te gee aan die land se uitdagings met energievoorsiening.