Eerste (ooit?) Covid-geval in Noord-Korea bevestig

Noord-Korea het vandag sy eerste Covid-19-uitbreking sedert Desember 2019 aangemeld en dit die ‘ernstigste nasionale noodgeval ooit’ beskryf. Omikron is in die land se hoofstad Pyongyang, geïdentifiseer. Die eerste openbare erkenning van Covid in die land kan ‘n groot krisis afgee omdat die land nie mediese hulpbronne het nie, en weier ook internasionale hulp met inentings. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê teen Maart vanjaar was daar nie net geen gevalle van Covid aangemeld nie, maar daar was geen amptelike rekord van enige Noord-Koreane wat ingeënt is nie. Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het ‘n vergadering van die regerende Werkersparty se politburo belê en ‘n “streng inperking beveel.