Groendraai-skool sal uiteindelik binnekort befondsing ontvang

Die Groendraai primêreskool het sedert verlede jaar geen befondsing van die regering ontvang nie. Die skool, 60 kilometer suidwes van Rehoboth, het 238 kinders in die koshuis. Maandelikse kostes beloop tussen 60 000 en 70 000 Namibiese dollar wat die skool se huidige bestuur tans by borge bekom het. Befondsing is gestaak omdat die skool se vorige bestuur na bewering geld verduister het maar, daar is ‘n nuwe span wat talle briewe aan die ministerie gestuur het om befondsing te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp oor die aangeleentheid gepraat en daar is goeie nuus…