Vyf AR-aktiviste tot tien dae-tronkstraf of boete van N$300 gevonnis

Vyf aktiviste van die Affirmative Repositioning-beweging, Elifas Nghitomoka, Isdor Kamati, Sem David, Victor Erastus en Samuel Jusias is vandag in die Katutura-landdroshof in Windhoek tot tronkstraf van tien dae of ‘n boete van 300 Namibiese dollar gevonnis. In 2020 het die vyf beskuldigdes die gemeenskap gemobiliseer om ‘n sinkhuis vir ‘n geestesgestremde persoon te herbou […]

Read More

DA bekommerd oor Covid-stimuluspakket wat in Gauteng uitbetaal word

Die DA in Gauteng sê die Maphindis-dagsorgsentrum in Mpilisweni, Thokoza in Ekurhuleni sukkel om kinders te voorsien van gebalanseerde maaltye en om vol te hou met sy bedrywighede. Die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling het versuim om die Covid-19 stimuluspakket vir vroeëkind-ontwikkeling uit te betaal. Die DA-lid Refiloe Nt’sekhe sê vroeëkind-ontwikkelingsentrums ly steeds weens kinders […]

Read More

Ma wat haar eenjarige dogter glo vermoor, bly in aanhouding

Die 23-jarige Tusnelda Elifas bly in aanhouding nadat sy vandag in die Outapi-landdroshof verskyn het nadat sy daarvan beskuldig word dat sy haar eenjarige babadogter vermoor en in ‘n vlak graf begrawe het. Die voorval het in Januarie in die Ondjindja-nedersetting in die Ogongo-kiesafdeling in die Omusati-streek plaasgevind. Na bewering het Elifas ‘n kussing oor die baba se gesig gedruk totdat sy ophou asem […]

Read More

Dokters sonder Grense sluit twee hospitale in DRK

Die internasionale mediese welsynsorganisasie Dokters sonder Grense beplan om twee van sy hospitale in die Demokratiese Republiek van die Kongo te sluit weens sekerheidsvrese. Dit volg nadat ongeïdentifiseerde gewapende mans ‘n konvooi van die groep in die Djugu-gebied aangeval het. Woordvoerder Olivier Maizoue sê hulle het nie ‘n ander keuse as om die mediese geriewe te sluit nie omdat hulle nie […]

Read More

Namibiese weerkantoor waarsku teen swaar reën, kitsvloede

Die Namibiese weerkantoor voorspel vir môre swaar reën met kitsvloede wat oor die noordelike streke, die sentrale hooglande en in die Hardap-streek kan voorkom en Vrydag na die Noordooste sal versprei. ‘n Weerwaak is uitgereik om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n vloedwaarskuwing vir die Zambezirivier uitgereik wat vanoggend […]

Read More

Action Society soek prestasie-evaluering van polisieminister

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, se prestasie-evaluering moet openbaar gemaak word aangesien dit wil voorkom of hy besig is om die bietjie wat nog oorbly van die Polisiediens tot niet te maak. Dit is die mening van Action Society se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron. Hy sê President Cyril Ramaphosa het in 2019 […]

Read More

Pres. Hage Geingob sê Namibië is ‘n goeie beleggersland

Tydens die Namibiese Beleggingsberaad in Dubai, het Namibiese ministers, asook lede van die Groen Waterstof-raad meer inligting oor die projek gegee. Die beraad word deur die Namibia Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad by die Dubai Ekspo aangebied om beleggers na Namibië te lok en is deur 100 sleutelrolspelers en beleggers bygewoon. President Hage Geingob het aan voornemende […]

Read More

Brand by Opuwo-hospitaal is gou geblus

‘n Brand wat by die bystand-kragopwekker by die Opuwo-staatshospitaal uitgebreek het, is onder beheer gebring. Die brand is deur hospitaalwekers, die Namibiese polisie, die Opuwo-brandweer en Nored geblus. Volgens die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het die brand nie versprei nie en skade aan die hospitaal verrig nie. Niemand is in die voorval beseer nie. Die oorsaak van die brand […]

Read More

Vermeende verkragter, moordenaar bly in aanhouding

Die 27-jarige Joseph Nuujoma Petrus bly in aanhouding nadat hy vandag in die Outapi-landdroshof op klagte van die roof, verkragting en moord van ‘n 51-jarige vrou verskyn het. Hendriana Kambikiti is dood na ‘n gewelddadige aanval op haar Saterdag in die Oshuushu-nedersetting in die Ogongo-kiesafdeling. Volgens die Namibiese polisie het Petrus glo vir Kambikiti agtervolg, haar oor die kop met ‘n gebreekte voorwerp geslaan en […]

Read More

Tshwane-burgemeester sê meerderheid van werknemers sal hul lewens in gevaar stel

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die meerderheid van die metro se werknemers is bereid om hul lewens in gevaar te stel te midde van intimidasie, dreigemente of selfs fisieke geweld. Samwu-lede staak sedert verlede Dinsdag in ‘n onwettige en onbeskermde verset-optrede om ‘n loonverhoging te eis. Williams sê een van hul kollegas, Benjamin […]

Read More