Nog twee gevalle van aap-pokke in Londen

Nog twee mense is met aap-pokke in Londen gediagnoseer. Dit kom na ‘n enkele geval wat vroeër bevestig was van ‘n persoon wat vanaf Nigerië na Engeland gereis het. Nigerië sukkel op die oomblik met die siekte wat sedert 2017 weer kop uitgesteek het in die Afrikaland. Die twee woon in dieselfde huishouding en is nie verbind met die eerste geval nie. Die virusinfeksie is soortgelyk aan menslike pokke en veroorsaak gewoonlik koors en meer, met die meeste mense wat binne ‘n paar weke herstel. Gesondheidsbeamptes sê hulle ondersoek nou waar en hoe die jongste gevalle besmet is.