Transnet verhoog aflewering van stralerbrandstof aan binneland

Transnet in Suid-Afrika sê hy verhoog die voorraad straler-brandstof wat na die binneland vervoer word met die nasionale multi-produk pypleiding van Durban in KwaZulu-Natal. Daar is erge tekorte by die OR Tambo-lughawe ervaar en vroeër in Mei het van die vlugte op Hosea Kutako Internasionale Lughawe brandstof ingeneem. Transnet is een van verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye waarvan die werksaamhede ernstig geraak is deur die oorstromings in KZN. Die woordvoerder van Transnet, Ayanda Shezi, sê hy vervoer tans 14 miljoen liter brandstof per week van Durban af: