Sannetjie kry nuwe kontrak in Kaaimans-eilande

Die bekende Namibiese kindermodel van die San-gemeenskap, Josephine Keinamses, bekend as Sannetjie, het weer ‘n internasionale modelkontrak losgeslaan. Alhoewel Sannetjie vir ‘n paar jaar stil was en intussen twee seuntjies ryker geword het, was sy onlangs vir ‘n fotosessie in die Kaaimans-eilande. Sy was weer deur die mede-stigter van die N/a’an ku sê-stigting, Marlice van Vuuren, vergesel. Van Vuuren gesels met Kosmos 94.1 Nuus.