Nuwe sakekamer, Naloba, open eerste streekskantoor

Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, bekend as Naloba, het sy eerste streekskantoor in die Omusati-streek Outapi gestig. Naloba is ‘n vereniging vir sakelui wat deur ‘n paar sakemanne in die Noorde gestig is wat van mening is dat bestaande besigheidsliggame nie genoeg doen om die belange van alle sakepersone in Namibië te verteenwoordig. Die adjunk-president Kanu Amadhila sê ander streke gaan ook binnekort kantore kry.