Takatso-SAA ooreenkoms vrot van korrupsie – EFF

Die EFF sê hy verwelkom berigte dat die Nasionale Tesourie sy steun aan die Takatso Konsortium onttrek het. Die konsortium sou na verwagting 3 miljard Suid-Afrikaanse rand as bedryfskapitaal aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens voorsien sodra hy 51 persent aandeel in die nasionale lugdiens bekom het. Die Nasionale Tesourie sê die besluit om die meerderheidsaandeel in die lugdiens te verkoop, is ‘n finansiële waagstuk vir die land. Die sekretaris-generaal van die EFF, Marshall Dlamini, sê die ooreenkoms is deurspek met korrupsie: