Elton John is vandag 75

Om vandag sy 75ste verjaardag te vier, het Elton John vir die eerste keer ‘n digitale verwerking van sy album, Diamonds: The Ultimate Greatest Hits, op stromingsplatforms vrygestel. Die legendariese Britse popster het wêreldwyd meer as 300-miljoen plate verkoop en verlede maand sy eerste nommer een-enkelsnit in 16 jaar op die Britse trefferlys gehaal met Cold Heart, saam met die sanger Dua Lipa. John sê hy is […]

Read More

Berei voor vir nog repokoers-stygings

Gegewe die algehele balans van ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, behoort die monetêre beleidskomitee se besluit om die uitleenkoers met 25 basispunte te verhoog, vir eers genoeg te wees. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons. Hy sê ‘n kumulatiewe styging in uitleenkoerse van […]

Read More

Repokoers nog ‘n knou vir boere in SA

Die landbou-ekonoom, Dawie Maree, sê dis onvermydelik dat boere as gevolg van die verhoogde uitleenkoers meer vir skuld sal betaal. Hy sê daarmee saam moet boere verhoogde insetkoste soos die reusestygings in brandstofpryse, kunsmis, plaagbeheer en onkruiddoder ook in die huidige seisoen verwerk. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die uitleenkoers met 25 basispunte verhoog. Maree sê […]

Read More

Renoster-bolla sorg vir groente

Die Care for Wild-weeshuis vir renosters in Mpumalanga, se groentetuinprojek is weer op dreef met die renosters wat die kunsmis verskaf. Die stigter, Petronel Nieuwoudt, sê die groentetuin was verlede jaar een van hul grootste prestasies. Die oes het nie net die hele jaar aan die kombuis by die reddingsentrum voorsien nie, maar genoeg opgelewer […]

Read More

Aussies stel sankies teen Lukashenko in

Australië het sanksies teen president Alexander Lukashenko van Belo-Rusland en lede van sy familie ingestel. Die minister van Buitelandse Sake, Marise Payne, sê Lukashenko is nou ook op die lys van dié wat Rusland en sy weermag tydens die inval in Oekraïne strategies ondersteun het. Sanksies is teen nog 22 Russe ingestel, insluitend senior redakteurs van organisasies soos Russia Today, die Strategiese Kultuurstigting en NewsFront. Payne […]

Read More

NLU betreur die saak oor die boerin, Magriete Wilhelm

Die Namibiese Landbou-unie sê hy betreur die aanslag op ’n bejaarde alleenvrou op ’n plaas. In sy weeklikse nuusbrief se die NLU dat geen persoon behoort onveilig te voel in Namibië nie. Die boerin, die 65-jarige Magriete Wilhelm, se borgtogaansoek het gister nie geslaag in die Otavi-landdroshof nie en sy bly in aanhouding die Otavi-polisie se aanhoudingselle. Sy is […]

Read More

Nam se tienermeisies: 1 uit 5 het reeds ‘n baba

Tienerswangerskappe wek plaaslik baie kommer en op die oomblik is die koers op 19 persent wat beteken dat een uit vyf meisies in die ouderdomsgroep van 15 tot 19 jaar, reeds ‘n kind het. Die VN se bevolkingsfonds het die navorsing plaaslik uitgevoer. In 2020 het die hoeveelheid swangerskappe onder tienermeisies verdubbel en daar is net minder as 3 630 […]

Read More

Ongwediva sê sy infrastruktuur is gereed vir vloede

Ongwediva-dorpsraad sê hulle het goeie reën gehad, maar het nog nie vloede ervaar nie. Die Hidrologiese Dienste van Namibië maan dat watervlakke in sommige van die sentrale en sentrale-oostelike Cuvelai Iishanas in noordelike Namibië besig is om te styg weens die goeie reënval die afgelope dae. Die dorpsraad se skakelbeampte, Jackson Muma, sê hul span […]

Read More

Repokoers: Nasionaliseer SARB, eis EFF

Die EFF in die buurland sê hy eis die onmiddellike afhandeling van Julius Malema se voorstel in die Parlement dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer word. Dit volg na die bank se besluit om die uitleenkoers met 25-basispunte tot 4,25-persent te verhoog. Die EFF-woordvoerder Leigh-Ann Mathys sê die bank se konserwatiewe benadering tot monetêre beleid word […]

Read More

Jongste oor Miami Ope

Die tweemalige kampioen, Andy Murray, en Daniil Medvedev takel mekaar in ‘n opwindende tweede-ronde-wedstryd in die Miami Ope. Die Brit het die Argentyn, Federico Delbonis, by die Hard Rock-stadion met 7-6 en 6-1 verslaan. Intussen het Murray se landgenoot in die vroue-afdeling, Emma Raducanu, met 3-6, 6-4 en 7-5 verloor teen die Tsjeg, Katerina Siniakova. Die kampioen van die Amerikaanse Ope het hierdie seisoen […]

Read More