LPM weer in hoërhof

Die saak waar die leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb die speaker professor Peter Katjavivi en verskeie ander dagvaar, is weer vanoggend voor regter Shafimana Ueitele. Die twee wil die beslissing om hom en Seibeb te laat verhoor deur die parlementêre staande komitee oor voordele, na die chaos van verlede jaar se staatsrede, van die hand laat wys. Die aansoekers het aangedui hulle sal vandag vir uitstel vra om die respondente se aanvullende rekords, wat ook stemponames en videomateriaal insluit, te bestudeer.