Eskom het geld vir ‘n salarisverhoging – Numsa

Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy verwerp die vals bewering dat Eskom nie salarisverhogings kan bekostig nie. Die tweede ronde gesprekke tussen Eskom se sentrale bedingingsforum en Numsa, Solidariteit en die Nasionale Unie van Mynwerkers het verlede week plaasgevind. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle eis onder andere ‘n 15 persent salarisverhoging. Sy sê Eskom hou armoede voor, maar bestee miljarde op basiese energiekoste: