Amber sê Johnny het haar op wittebrood geslaan

Die saak waar Johnny Depp sy eksvrou, Amber Heard, vir skadevergoeding van 50 miljoen Amerikaanse dollar dagvaar is terug in die hof in Virginia. Die saak trek baie aandag as gevolg van die grafiese bewerings van fisieke en emosionele mishandeling van beide kante sowel as opnames van gevegte en gesprekke tussen die twee. Heard is tans besig om te getuig en sê Depp het haar op hul wittebrood aangerand.