Werksaamhede op A1 sal binnekort hervat

Begrotingsbeperkings wat die wanbetaling van kontrakteurs veroorsaak het wat gelei het tot ‘n vertraging in die konstruksie van die laaste stuk van die Okahandja-Windhoek-hoofweg, wat na verwagting in Julie 2020 voltooi sou wees, sal binnekort hervat word nadat voorsienings gemaak is. Conrad Lutombi, hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Paaaie-owerheid, sê die ministerie van finansies het die fondse beskikbaar gestel en die verwerking van die fakture sal binnekort gedoen word.