ANC moet sê oor die Kuba-miljoene

Die DA wil hê die buurland se departement van internasionale betrekkinge moet voor die parlementêre begrotingskomitee verskyn om te verduidelik waarom hy 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kuba wou skenk. Inligting oor die skenking het tydens hofaansoeke aan die lig gekom. Die party se woordvoerder, Ashor Sarupen, sê hierdie bedrag is heelwat meer as die 50 miljoen rand wat reeds ‘n opskudding in die burgerlike samelewing veroorsaak. Hy sê dis ‘n klap in die gesig van Suid-Afrikaners wat reeds stygende koste en voedselonsekerheid in die gesig staar: