Selfone en dwelms in gevangenis gekonfiskeer

Die Namibiese Korrektiewe Diens het oor die naweek sy teen-smokkelaryveldtog bekend gestel. Die diens sê hy het uitdagings met verbode items in sy fasiliteite en onlangs is daar ook bekend gemaak dat gevangenes wat selfone in hul besit gehad het, ‘n bedrogspul aangegaan het en motors, wat nie bestaan nie, aanlyn verkoop het. Intussen sê die diens se adjunk-kommissaris Veikko Armas dat tussen Januarie en April vanjaar is 95 selfone, 101 pakkies dagga, 33 sakkies vol stukkies kokaïen en 75 sakkies vol tabak by die Windhoek-fasiliteit gekonfiskeer. Armas voeg by dat daar ook goedere by hospitale en howe onderskep is voor dit in die tronk ingesmokkel kon word.