Unicef sê honger kinders styg met 16%

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds waarsku die koste van behandeling om die lewens van die erg wangevoede kinders te red, het met tot soveel as 16 persent gestyg. Dit kan beteken 600 000 bykomende kinders sal moet klaarkom sonder die broodnodige behandeling wat hul lewens kan red. Unicef se bestuurshoof., Catherine Russell, sê selfs voor die oorlog in […]

Read More

Noord-Korea sukkel, Covid brei verder uit

Noord-Korea het sy weermag gemobiliseer om Covid-medikasie te versprei en meer as 10 000 gesondheidswerkers ontplooi om te help om potensiële gevalle op te spoor. Die geïsoleerde land worstel met sy eerste erkende Covid-uitbreking, wat hy verlede week bevestig het. Die kwessie wek kommer weens ‘n gebrek aan entstowwe en voldoende mediese infrastruktuur. Owerhede het 269 510 meer […]

Read More

Bosbou betrap houtstropers op heterdaad

Die direktoraat van bosbou in die Namibiese omgewingsministerie het ‘n patrollie uitgevoer in die woude van die Kavango Wes-streek. Daar is op ‘n onwettige operasie afgekom met voldoende masjinerie om groot hoeveelhede hout te kap. Die ministerie sê 4 000 stukke gesaagde hout gevind en op beslag gelê sowel as die toerusting. Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die […]

Read More

Reaksie op beleidsaanpassings wat nodig is in oliebedryf

‘n Ekonoom het reageer op die mening van die plaaslike energiekenner Uaapi Utjavari dat verskeie kritieke hervormings in beleid en wetgewing nodig is in die olie- en gasbedryf om plaaslike deelname aan die sektor moontlik te maak en maksimum opbrengste uit die land se hulpbronne te haal. Op die oomblik is plaaslike deelname aan die […]

Read More

Besoekersgetalle uiters belowend by Nampo

Graan SA sê hy is bemoedig deur die aantal besoekers op die eerste dag van die 2022 Nampo Oesfeesdag in Bothaville in die Vrystaat. Dis een van die grootste landbouskoue in privaatbesit in die suidelike halfrond en dit duur tot Vrydag. Die uitvoerende hoof van Graan SA, Pieter Taljaard, sê die groot aantal besoekers op die eerste dag […]

Read More

Snelbouler Anderson wil Engelse toetsgroep behaal

Die snelbouler James Anderson sê hy hoop sy spel by Lancashire sal genoeg wees om hom ‘n plek in Engeland se toetsgroep te verseker. Anderson en Stuart Broad, Engeland se twee top-paaltjienemers, is in Maart uit die Wes-Indiese toergroep gelaat. Die nuwe toetskaptein Ben Stokes wil volgens berigte hê die twee moet oorweeg word wanneer […]

Read More

Nam-huweliksraad wil nasionale konferensie hou

Die hiper-konserwatiewe Namibiese Huweliksraad, wat in Rundu gesetel is, vra dat alle wetgewing in verband met huwelike in Namibië eers op ys geplaas moet word sodat ‘n nasionale konferensie gehou kan word. Paulus Hawanga, stigter van die raad, sê die kwessies rondom huwelike en die hoë egskeidingsyfer moet bespreek word. Die wetgewing rondom egskeidings word op die oomblik […]

Read More

Koringpryse deur die dak, Afrika ergste geraak

Koringpryse het met 6 persent gestyg nadat Indië ‘n verbod op uitvoere geplaas het. Nieu-Delhi sê die verbod, met enkele uitsonderings, is ingestel om die algemene voedselsekerheid in dié land te bestuur en buurlande en ander kwesbare lande te ondersteun. Voor die verbod het Indië, die wêreld se tweede grootste koringprodusent, beplan om vanjaar ‘n rekordgetal […]

Read More

Inentings sukkel maar

Nes Namibië, sukkel die buurland ook met sy inentingskoers teen Covid. Plaaslik is die syfer net hoër as 20 persent en in die buurland is 50 persent ten volle ingeënt. Volgens onlangse verslae van groot hospitale, is die meeste ernstige gevalle wat in hospitale opgeneem word, asook sterftes, mense wat nie ingeënt is nie. Die […]

Read More

Namibiese kunstenaars moet werke indien

Kunstenaars in Windhoek word herinner om hul kunswerke vir die komende jaarlikse Otjomuise Live Arts Festival in te skryf. Die fees word jaarliks deur die Nasionale Teater van Namibië en die Goethe-Instituut van Namibië aangebied. Aansoeke kan ook aanlyn gedoen word, het Desiree Mentor, die teater se skakelbeampte aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.

Read More