Bosbou betrap houtstropers op heterdaad

Die direktoraat van bosbou in die Namibiese omgewingsministerie het ‘n patrollie uitgevoer in die woude van die Kavango Wes-streek. Daar is op ‘n onwettige operasie afgekom met voldoende masjinerie om groot hoeveelhede hout te kap. Die ministerie sê 4 000 stukke gesaagde hout gevind en op beslag gelê sowel as die toerusting. Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die ministerie waarsku diegene wat betrokke is by dié bedrywighede dat patrollies gereeld uitgevoer word en skuldiges vasgetrek sal word.