Besoekersgetalle uiters belowend by Nampo

Graan SA sê hy is bemoedig deur die aantal besoekers op die eerste dag van die 2022 Nampo Oesfeesdag in Bothaville in die Vrystaat. Dis een van die grootste landbouskoue in privaatbesit in die suidelike halfrond en dit duur tot Vrydag. Die uitvoerende hoof van Graan SA, Pieter Taljaard, sê die groot aantal besoekers op die eerste dag wys duidelik die veerkrag van die Suid-Afrikaanse landbou-waardeketting. Hy sê vanjaar se uitstallings word gekenmerk deur ‘n baie groter verskeidenheid produkte.