Namibiese kunstenaars moet werke indien

Kunstenaars in Windhoek word herinner om hul kunswerke vir die komende jaarlikse Otjomuise Live Arts Festival in te skryf. Die fees word jaarliks deur die Nasionale Teater van Namibië en die Goethe-Instituut van Namibië aangebied. Aansoeke kan ook aanlyn gedoen word, het Desiree Mentor, die teater se skakelbeampte aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.