Koringpryse deur die dak, Afrika ergste geraak

Koringpryse het met 6 persent gestyg nadat Indië ‘n verbod op uitvoere geplaas het. Nieu-Delhi sê die verbod, met enkele uitsonderings, is ingestel om die algemene voedselsekerheid in dié land te bestuur en buurlande en ander kwesbare lande te ondersteun. Voor die verbod het Indië, die wêreld se tweede grootste koringprodusent, beplan om vanjaar ‘n rekordgetal van 10 miljoen ton uit te voer. Die uitwerking van die verbod gaan waarskynlik ontwikkelende markte in Afrika en die Midde-Ooste die swaarste tref.