Snelbouler Anderson wil Engelse toetsgroep behaal

Die snelbouler James Anderson sê hy hoop sy spel by Lancashire sal genoeg wees om hom ‘n plek in Engeland se toetsgroep te verseker. Anderson en Stuart Broad, Engeland se twee top-paaltjienemers, is in Maart uit die Wes-Indiese toergroep gelaat. Die nuwe toetskaptein Ben Stokes wil volgens berigte hê die twee moet oorweeg word wanneer Engeland in die somer teen Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Indië kragte meet. Anderson sê hy sal sy boulwerk laat praat: