Bulle hoop op derde tuis-oorwinning in ‘n ry

Rugby: Die Bulle hoop op ‘n derde tuis-oorwinning in ‘n ry en die vierde agtereenvolgens nadat hulle Zebre verlede maand in Italië 45-7 verslaan het. Die span kom môreaand op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Dragons te staan in ‘n Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting. Die span van Tshwane kom te staan teen ‘n besoekende span wat versterk is met die insluiting […]

Read More

Behandeling van bednette met insekdoder laat malaria onder Tanzaniese kinders daal

In ‘n groot proefneming in Tanzanië is bevind die behandeling van bednette met ‘n klein hoeveelheid van ‘n nuwe insekdoder, het die aantal malaria-gevalle in kinders merkbaar laat afneem. Die nuwe bednette veroorsaak vlerkspierkrampe en muskiete kan dan nie beweeg, vlieg of mense byt nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds vooraf-goedkeuring vir die gebruik van die nette gegee. Lancet hoop die nuwe insekweerder-toestel wat behandel […]

Read More

Nyanga-gebied moet weens taxi-geweld tot hoërisikogebied verklaar word

Die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, Daylinn Mitchell, sê regsdienste is gevra om ‘n kennisgewing op te stel om die Nyanga-gebied ‘n hoërisikogebied ten opsigte van taxigeweld te verklaar. Dit sal hom in staat stel om roetes te sluit. Mitchell sê ‘n besluit om die CATA- en CODETA-streke in rooi status te plaas is […]

Read More

Kankervereniging se uitreik in Erongo-streek ‘n reuse-sukses

Die Erongo-streek se kanker-uitreike het sy stoutste verwagtinge oortref, het Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gesê tydens die vereniging se besoek aan dié streek. Vanoggend om tien-uur was prostaatkankertoetse vir mans op nadat hulle hierdie week elke dag gemiddeld 25 tot 30 mans getoets het. Tussen 50 en 60 vroue […]

Read More

Onderwysministerie sê dis te laat vir verandering aan kurrikulum

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, besoek vandag en môre die Ohangwena-streek om inligting oor die nuwe hersiene onderwyskurrikulum te verskaf. Dit volg nadat ontevrede ouers van die streek ‘n petisie onderteken het oor die kurrikulum en hul teleurstelling oor die graad 11-eksamenuitslae. Hulle het die petisie aan die Ohangwena-goewerneur, Walde Ndevashiya, oorhandig wat dit weer […]

Read More

Netflix gee R929 aan SA filmbedryf

Netflix het 929 miljoen rand aan die Suid-Afrikaanse filmbedryf toegewys. Die wêreldwye stromingsdiens het dié belofte in Johannesburg gemaak by die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in die Sandton Konferensiesentrum. Netflix se woordvoerder, Shola Sanni, het gesê as deel van die belofte, sal daar geleenthede wees vir opleiding en die oordrag van vaardighede.

Read More

Zandile Mafe se saak uitgestel omdat parlementsgebou tans oorstroom is

Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Mafe, vir ses weke uitgestel. Die staat het dit versoek om uitstaande ondersoeke af te handel aangesien die parlementsgebou tans oorstroom is en nie toeganklik is nie. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê die staat gaan ‘n klagstaat […]

Read More

Namibiese staatsamptenare se skuld getakel

Die Namibië Staatsdiens Spaar- en Kredietkoöperasie, oftewel NAMSACCO, is gestig om die hoë en oormatige skuld onder Namibiese staatsamptenare te takel. NAMSACCO is deur staatsamptenare gestig en die organisasie word deur lede besit en beheer. Die kantoor van die eerste minister was aan die voorpunt om die stigting van NAMSACCO by te staan. Die konsep […]

Read More

Russiese generaals sê die oorlog teen Oekraïne moet op 1 Mei eindig

Russiese generaals het volgens berigte aan hulle soldate gesê die oorlog in Oekraïne moet teen 9 Mei eindig. Volgens Oekraïnse militêre bronne, is die datum beduidend, aangesien dit die jaarlikse herdenking van Oorwinningsdag is, wanneer Rusland se geslaagde veldtog in die Tweede Wêreldoorlog met ‘n militêre parade in Moskou gevier word. Internasionale media berig ook die dodetal ná verlede […]

Read More

Vryheidsfront Plus sê Limpop moet voorberei vir bek-en-klouseer

Die Vryheidsfront Plus het die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in Limpopo, Nanda Ndalane, versoek om die provinsie voor te berei vir ‘n moontlike uitbreking van bek-en-klouseer. Die provinsiale leier, Marcelle Maritz, sê die groot tekort aan veeartse in die provinsie is kommerwekkend. Sy het die provinsiale regering versoek om hierdie professionele persone so gou […]

Read More