Binnelandse sake is nou soos ‘n eenstop-winkel

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake is besig om verskeie skole landswyd te besoek om te verseker dat alle leerders hul identiteitsdokumente kry sodra hulle 16 jaar oud word. Beamptes van die ministerie is nou mobiel om leerders die tyd en moeite te spaar om by hul kantore vir hul ID’s aansoek te doen. Die adjunk-direkteur van siviele registrasie Alfons Witbeen sê die ministerie is besig om ‘n eenstop-winkel te word.