F1: Gaan Vettel aftree of nie?

Sebastian Vettel gaan miskien wegjaag van Formule 1 af. Die vierdubbele wêreldkampioen het ná die Miami Grand Prix erken hy is effe skynheilig oor die omgewing. Hy sê hy vra homself elke dag of wedrenne iets is wat moet plaasvind. Daar is ander vrae oor Vettel se toekoms in Formule 1 en Aston Martin het erken die 34-jarige moet nog oortuig word om in 2023 deel te neem. Die voormalige F1-renjaer, Marc Surer, sê al die tekens dui daarop dat Vettel gaan uittree.