Arbeidskenner: Werkers is siek en sat vir omstandighede

Die verhoogde aantal stakings en betogings deur werkers in Namibië is ‘n aanduiding dat hierdie werkers moeg is vir hul werksomstandighede, meen die arbeidskenner Herbert Jauch. Namibië het ‘n toename in die aantal klagtes van Namibiese werknemers gesien oor onbillike arbeidspraktyke, salarisse wat nie ten volle betaal word nie, begunstiging, en die lys gaan voort. Jauch het bygevoeg dat dit klagtes is wat jare gelede geopper is, maar nooit aangespreek is nie.