President van Guinee-Bissau ontbind die parlement 

President Umaro Sissoco Embalo van Guinee-Bissau het Maandag die land se parlement weens ‘n politieke krisis ontbind. Spanning tussen die parlement en presidensie duur al maande. Parlementêre verkiesings sal teen die einde van die jaar gehou word, berig internasionale nuusagentskappe.