Sasco vra vir skorsing van US-student

Die Suid-Afrikaanse Studente-kongres doen ‘n beroep op die Universiteit Stellenbosch om ‘n wit student, Theunis du Toit, wat op kamera betrap is terwyl hy op ‘n swart student se skootrekenaar en boeke urineer, onmiddellik te skors of strafregtelike klagtes aanhangig te maak. Die streekvoorsitter van Sasco, Queen Majikijela, sê dit is tyd dat woorde in dade omgesit word. Die universiteit het intussen die wit student geskors.