Beurtkrag sal toeneem en toeneem – kenner

Die energiekenner Matthew Cruise van Hohm Energy in Suid-Afrika sê beurtkrag sal oor die volgende paar jaar toeneem. Hy sê onafhanklike kragvoorsieners sal nie die vermoë hê om steenkoolkragstasies te vervang nie. Volgens Cruise sal Eskom se plan om die Onafhanklike Kragverkrygingsprogram selfs verder te vertraag die Suid-Afrikaanse ekonomie skaad. Cruise sê die spertyd vir die program is nou tot September uitgestel: