Kyk wat doen drie taxi-bestuurders vir vroue-studente in Windhoek…

Windhoekers is so geneig om te kla oor die gedrag van taxi-bestuurders… maar weereens kan almal nie dieselfde kam geskeer word nie. Vroue-studente by Nust en IUM in Dorado Park gaan gebuk onder rooftogte wanneer hulle laataand, tussen half-agt en tien-uur saans pligte op die twee kampusse en in die biblioteek voltooi. Nou het drie taxi-bestuurders besluit genoeg is genoeg. Samuel Timotheus, ‘n taxi-bestuurder sê hy en twee ander sal bystaan en vir die meisies wag, of hulle kan betaal of nie…