DA: Vlagprojek ook Ramaphosa se blaam
Die DA-parlementslid, Dean Macpherson, sê die woede teenoor die sportminister, Nathi Mthethwa, oor die 22 miljoen Suid-Afrikaanse rand monumentale vlagprojek, behoort op President Cyril Ramaphosa gerig te wees. Macpherson sê mense se woede is op die verkeerde persoon gemik want as die kabinet die projek goedgekeur het, moet Ramaphosa, as die voorsitter van die kabinet, […]
Maties se eksamens met een week uitgestel
Die Universiteit Stellenbosch het die eerste semester se eksamens met een week uitgestel. Die universiteit sê in ‘n verklaring die besluit is gemaak na aanleiding van die emosionele trauma wat gebeurtenisse op die kampus die afgelope week op studente kon hê. Die spertyd vir vir take sal ook met ‘n week uitgestel word en die […]
Boks: Alle paaie lei vanaand na Otji
Drie kampioenskapsgevegte van die Wêreld Boksvereniging vind vanaand by die Paresis-sportkompleks op Otjiwarongo plaas. MTC Salute Boxing Academy se uitvoerende voorsitter, Kiriata Kamanya, sê 36 bokswedstryde sal plaasvind. Die hoofgeveg is tussen Namibiese veergewig-bokser, Nathanael ‘Natty’ Kakololo en die Tanzaniër Kasimu Hamad Hai om die kampioen van die Wêreld Boks-vereniging se Pan-Afrika-titel te bepaal. Die […]
NWR-baas beaam toerisme tel op
Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toerismebedryf wat erg deur die Covid-pandemie geraak is, stadig herstel omdat lande nou beter geposisioneer is om die uitbreking beter te hanteer. Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië was die algemene nasionale kamerbesetting in April meer as 36,5 […]
Finansiële Intelligensie Sentrum onderskep kriminele opbrengste van N$142,2 miljoen
Die Finansiële Intelligensie Sentrum het kriminele opbrengste ter waarde van 142,4 miljoen Namibiese dollar gedurende die 2020/21 boekjaar onderskep en gehelp om dit te verhaal. Dit het ook verdagte transaksies 3,8 miljard dollar geanaliseer, wat nog deur verskeie wetstoepassings-agentskappe ondersoek word. Die sentrum het bygedra tot die verbeuring van bates ter waarde van 7,7 miljoen […]
Sokker: SA word wel verteenwoordig by Wêreldbeker
Sokker: Victor Gomes en Zakhele Siwela sal Suid-Afrika later vanjaar as wedstryd-beamptes by die 2022 Wêreldbeker in Katar verteenwoordig. Gomes, wat in beheer was van vanjaar se onstuimige Afrika-nasiesbeker-eindstryd tussen Senegal en Egipte, is een van die 36 skeidsregters. Siwela, wat ook op die kantlyn aan diens was in die eindstryd, is een van 69 […]
Indongo Toyota ondersteun meisies van Dagbreek Spesiale Skool
Indongo Toyota het sanitêre doekies aan die Dagbreek Spesiale Skool in Windhoek oorhandig. Talle Namibiese meisies is dikwels afwesig by skole, omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie. Die Indongo Toyota-groep se bemarkingsbestuurder, Robin Smith, sê sy hoop elke meisie in nood kan gehelp word.
Gondwana stel Go2 Traveller Transfers bekend
Gondwana Collection Namibia het hul ‘Go2 Traveller Transfers’ bekendgestel wat dit vir toeriste maklik gaan maak om in Namibië te reis. Alle toeriste kan nou met gemak die klassieke toerisme-roetes besoek wat insluit die Visrivier-canyon, Namib- en Kalahari-woestyne, Damaraland, Swakopmund en die Etosha National Park. Gondwana Collection Namibia se handelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Visagie …
Agra spog met nuwe, groter tak op Okahandja
Die nuwe en verbeterde Agra-tak op Okahandja is vandag amptelik herbekendgestel. Die Agra Okahandja-tak is nou amptelik die grootste Agra-tak buite Windhoek. Die ontwikkeling bestaan nou uit die nuwe tak van 1 470 vierkante meter, ‘n nuwe voer-stoor van 1 000 vierkante meter en die geplaveide erf spog met ‘n oppervlakte van 4 750 vierkante […]
Ramaphosa kap diegene wat sê regering het niks om te wys
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die regering se pogings om armoede, werkloosheid en ongelykheid uit te skakel, verdedig. Ramaphosa het die jaarlikse Black Business Council-spitsberaad-ete in Midrand bygewoon. Hy sê mense moet eerder sê die glas is half-vol, nie leeg nie. Hy sê dit is onregverdig om te sê die regering het na 28 jaar niks om […]